Driehoekstraat 19, Vleesbaai

19 Driehoekstraat bied selfsorgverblyf op die eienaar se eiendom in Vleesbaai, op die Tuinroete en is ideaal vir ‘n gesin of ‘n groep vriende.

Hierdie eenheid kan ‘n maksimum van 4 volwassenes en 1 kind (slaapbank) op ‘n slag akkommodeer en bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer (stort en wasbak) met ‘n aparte toilet. Die hoofslaapkamer, met skuifdeure na buite, is ingerig met ‘n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-hoofleefarea beskik oor ‘n kombuis en ‘n sitarea. Die kombuis is volledig toegerus met 2 induksiestowe, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook ‘n ontbyttoonbank met 6 stoele. Van die kombuis af lei ‘n sitkamer met gemaklike sitplek, ‘n slim-TV en ‘n slaapbank wat geskik is vir ‘n kind.

Deur die stapeldeure is daar ‘n onderdakstoep met gedeeltelike see-uitsigte, ‘n tafel en stoele, asook ‘n tuin met ‘n vrystaande braai.

Hierdie eiendom het sonkrag, gratis WIFI, volledige DSTV pakket, ‘n aparte waskamer met ‘n outomatiese wasmasjien en skottelgoedwasser, veilige onderdakparkeerplek, en is stapafstand vanaf die hoofstrand met ‘n lekker voetpaadjie.

Skakel Aïda op 083 704 4162 of mail ons ons by info@19driehoekstraat.co.za

Ongelukkig geen troetel diere (die eenheid is nie omhein nie) en rook verbode binne die gebou.